Happy Birthday!!
Hello my vroutjie!
VEELS GELUK met jou spesiale dag vandag!!
Ons is in 'n baie interessante seisoen, so dit is nogals 'n interessante verjaarsdag boodskap wat ek hier geskryf het. Ek het besluit om net uit my hart uit vir jou te skryf en hopelik beteken dit meer vir jou as die beste geskenk ooit! :-) Ek wou vir jou gesê het ek is baie trots met hoe jy hierdie seisoen hanteer... Dis massive goed hoe jy toelaat dat God in jou werk en vir my so mooi om te sien hoe jy toelaat dat God jou strip van jouself. Hoe jy dit toe laat dat selfs wanneer dit seer maak dat God in jou mag werk. Ek het gedink aan daai prentjie van voor ek en jy getrou het van hoe jy gesien is as n roos. Hierdie seisoen laat my dink aan hoe jy toelaat dat God net nog meer van die dorings kan kom afhaal. Soos wat jy toelaat dat daai dorings afgehaal kan word, kan 'n mens meer die roos waardeer en selfs vas hou. Soos jy die dorings laat gaan kan jy meer toelaat dat mense jou aanraak (jou core wese). Nou sien mens nie net die mooi roos nie, maar hulle kan ook met die roos interact. Omdat jy vulnerable is, kan mense jou benader. Ek wil net sê ek is baie trots op jou my liefie en ek dink dis so mooi dat jy toelaat dat God met jou werk in hierdie seisoen.
Ek hoop en vertrou hierdie sal 'n baie lekker jaar vir jou wees. Ek hoop jy sal meer en meer van God se guns beleef. Dat jy net meer en meer sal sien waarmee sy hand besig is. Dat jy net meer en meer sal haal uit hierdie proses. Dat jy jouself net meer en meer sal kan oorgee aan Hom in hierdie seisoen om te doen wat Hy wil doen. Dis amper soos in hoogliedere waar 'n mens lees "my beloved is mine and I'm his"... later draai dit om en dan word dit "ek is joune" en dan "jy is myne". Dis amper asof jy jouself eerste vir hom gee om te maak uit jou wie Hy wil he jy moet wees... soos met daai roos. Dis SO mooi plek om te wees... ek is so trots op jou.
Ek wil dankie sê vir hoe lief jy vir ons kinders is. Baie keer as ek kyk na hulle roetine en hoe goed hul opgevoed is, ens, dan wonder ek hoe ek sonder jou dit ooit sou kon doen. Jy het so groot invloed op ons kinders en ek wil net sê baie dankie vir dit. Die ander dag toe Sadie uitgestorm kom en sy sien jou met die ding om jou ken en sy begin huil uit haar binneste uit, het ek gedink dit wys net hoe lief ons kinders jou het en dit wys hoe baie jy in hulle in bou, dat hulle so baie omgee vir jou.
Ek het n video probeer maak waar Sadie en Levi vir jou veels geluk sê maar dis snaaks, Levi het die heeltyd begin vreemde dinge sê... soos daai "Surprise" ding van hom en dat jy moet lekker slaap... ens... ek dink sy siek pille en sy koors en alles het hom bietjie onder gekry :-) So dit het nie heeltemal uitgekom soos wat ek wou hê nie.
Dankie dat ons saam kan droom oor dinge: om te gaan toer, om weg te gaan vir drie maande. Saam kan droom om oorsee te bly vir'n ruk, saam kan droom om te gaan help oorsee met n kerk bou, dit is vir my'n groot voorreg om iemand soos jy in my lewe te hê wat my help glo en droom. Dis iets waarmee jy my baie help in my lewe, baie dankie.
Ek wil sê ek is baie lief vir jou en ek sien uit na die mooi huis wat ek en jy beplan. Ek glo God gaan ons help om dit 'n huis te maak van vrede, 'n huis te maak van waar Hy kan wees (soos wat ons huis huidiglik n plek is vir vele mense om met Hom te ontmoet)... en ook 'n huis wat net 'n bietjie... BAIE mooier sal lyk as wat ons huis op die oomblik lyk.
Dankie dat jy my helper is!! Jy help my so baie met kerk dinge, so baie met mense dinge, so baie met mense verhoudinge. Jy help my so baie om op te volg op mense, jy help my so baie om 'n beter pa te wees, jy help my so baie om 'n beter man te wees, jy help my so baie om 'n beter leier en n beter mens te wees en ek wil net sê baie dankie vir dit. Ten spyte van goed waardeur jy gaan, ten spyte van dit alles, help jy my so baie en ek wil sê baie dankie.
So ek en jy het omtrent al baie sakke sout saam opgeëet en dit voel regtig of ons deesdae soveel vinniger deur goed kom. Ek wil sê dankie vir dit, want ek weet dit het ook te doen met jou wat kies om dood te gaan in jouself. Jy wat kies om nie net wat jy wil he en jy wil se te laat hoor nie, maar dat jy vir die verhouding kies. Ek wil net sê baie dankie vir dit.
Dankie vir al die kleur wat jy in my lewe bring. Ek is amper soos een van Levi en Sadie se prentjies wat net die buitelyne is... dan kom jy en kleur dit mooi in... selfs oor die lyne... Dankie. Dankie dat jy dit kom vul en dat jy kom mooi maak en dat jy soms van die lyne begin verander (ek weet dis nie altyd maklik nie, maar tog so nodig). Dankie vir dit.
Dankie dat jy so vulnerable is met mense op die oomblik. Dankie dat jy bereid is om uit die plek uit te deel waar jy nog nie heeltemal deur die seisoen is nie, maar waar jy IN die seisoen is. Ek dink dit beteken baie meer vir mense en dit wys hulle soveel meer van die persoon wie jy is. Dalk vir iemand anders sou dit nie werk nie, maar vir die persoon wie jy is werk dit SO goed. Jy is iemand met n reputasie dat jy standvastig is, baie stabiel is, altyd in oorwinning leef. So omdat DIT jou norm is, dink ek die feit dat jy die deel van jouself aan mense wys, beteken meer. Dit beteken baie en ek wil net sê baie dankie vir dit. Dankie dat jy so baie omgee vir mense in hierdie tyd en ook dat ek deesdae voel jy vra input so baie. Jy vra selfs goed wat jy die antwoord van ken, maar jy vra my en dit wys ook n plek wat jy in jou hart ingeneem het van jy wil my eer. Dit beteken baie vir my as man, dit wys vir my jy eer en respekteer my siening oor goed. Dit gee ook vir my 'n beter siening van myself en ek wil net sê dankie vir jou.
Ek hoop en vertou en bid dat die jaar 'n baie lekker jaar sal wees vir jou. 'n Jaar van glo in God. 'n Jaar van waar jy jou man se liefde sal beleef. 'n Jaar van waar jy jou kinders kan geniet. 'n Jaar waar ons nie net Sy huis bou nie, maar ook ons huis.
Ek wou jou bitter graag uitvat na die een eet plek, maar hulle is nie oop in die aand nie. Sodra ons die geld het sal ek jou bietjie vat. Ons gaan wel lekker kos kry by die plek waarheen ons wel vanaand gaan en ek hoop dit sal vir jou spesiaal wees.
Ek is jammer dat ek nie vir jou 'n geskenk kan koop nie, maar sodra ons kan, sal ek definitief vir jou'n geskenk gee. Jy beteken regtig baie vir my en ek hoop hierdie brief beteken vir jou 'n klein bietjie meer as n geskenk. Ek hoop dit wys n klein bietjie van wie jy is vir almal en dat jy kan sien jy beteken so baie vir my en vir jou kinders en vir jou familie en vir jou kerk en vir die mense om jou.
Ek is baie lief vir jou my vrou mag hierdie jaar geseend wees. Mag dit vol wees van God. Mag dit vol wees van drome wat waar word. Mag dit vol wees van lekker familietyd. Mag dit vol wees van fun tye, toer, gesonde kos en baie lag.
Jy gaan deur 'n tyd waar jy baie laag voel en waar jy nie al noodwendig die lig sien nie... jammer dat ek nie gereeld genoeg vir n update vra nie. Ek wil wel se dat dit amazing is om te sien hoe goed jy dit hanteer in die middel van dit als. Dat jy in die middel van dit als nog steeds daar is vir God. Dat jy in die middel van dit daar is een vir die kinders. Dat jy in die middel van dit daar is vir my, vir ander, en dat jy kyk of jou lewe n goeie testimony is. Jy slaag in my boekies.
Ek sien baie uit na die vakansie. Om lekker saam met jou en die kinders in Kleinmond te kan ontspan. Mag jy baie vrede ontvang daar. Mag ons lekker in mekaar in bou. En mag God lekker in jou in bou.
Baie lief vir jou my vrou. Ek wil net se jy is sexy, jy is n amazing persoon. Jy word waardeer deur my, die kinders, mense om jou, God en jou familie.
Lief jou baie, my super duper vroutjie.
This (season) too shall pass.
Marty